Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld - ‘n Vrou wil dit hoor lyrics

Your rating:
Praat sag, vermy harde woorde
Bly lief want jy’t haar belowe
Wees sterk want sy het jou nodig
Wees vir haar die lig

Bly leer om te vergewe
Bly glo daar’s goed in die lewe
Bly hoop want sy verwag dit van jou

Koor:
Sy wil raak aan jou hart, sy wil vat aan jou siel
Sy wil als met jou deel, sorg dat jy nie verniel
Sy wil weet wat jou pla, wat’s jou heel diepste vrae
Moenie stil bly want ‘n vrou wil dit hoor

Sy wil sien hoe jy opstaan vir haar as jy moet
Sy wil glo sy’s die vuur wat nog steeds in jou woed
En dan hou jy haar vas, fluister sag in haar oor
Maak net seker dat jy haar nooit verloor
Want ‘n vrou wil dit hoor

Sien raak waarna sy strewe
En as haar moed haar begewe
Wees daar en sê vir haar dat sy kan
Wys haar die groter plan

Sê meer dit wat haar opbou
Sê weer dit waarvan sy hou
Kyk mooi na haar want sy’s lief vir jou

Koor:
Sy wil raak aan jou hart, sy wil vat aan jou siel
Sy wil als met jou deel, sorg dat jy nie verniel
Sy wil weet wat jou pla, wat’s jou heel diepste vrae
Moenie stil bly want ‘n vrou wil dit hoor

Sy wil sien hoe jy opstaan vir haar as jy moet
Sy wil glo sy’s die vuur wat nog steeds in jou woed
En dan hou jy haar vas, fluister sag in haar oor
Maak net seker dat jy haar nooit verloor
Want ‘n vrou wil dit hoor

Elke hartklop, elke asem, ‘n vrou wil dit hoor

‘n Vrou wil dit hoor
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Released in: 2012

Language: Afrikaans

Appearing on: Wat geld nie kan koop nie (2012) , Die eerste 10 jaar (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found