Marissa

Marissa - Kaalvoetliefde lyrics

Your rating:
Trap in jou spore
Ek raak verlore
Verloor myself in jou kaalvoetliefde
Laat my nie wonder
Ek kan nie sonder
Voel soos myself met jou kaalvoetliefde

As ek die tyd kon terugdraai
Het ek jou vroër ontmoet
Want jy’s al wat ek soek
Al gaan die ligte af en ons sit in die donker nag
Sal ek saam met jou wag

Jy aanvaar my net soos ek is
En jy hou my vas met die wete
Dat ek nie naby aan perfek is nie
Dit voel soos kaalvoetliefde

Trap in jou spore
Ek raak verlore
Verloor myself in jou kaalvoetliefde
Laat my nie wonder
Ek kan nie sonder
Voel soos myself met jou kaalvoetliefde

Jy vat my net soos ek staan voor jou
Sonder pretensie omvou in jou kaalvoetliefde
Ons skop ons tekkies uit wees onsself
Want jy’s my beste pel en dit is kaalvoetliefde

As jy nou terugkyk na wie ek was
Sou jy my hand weer vat en die pad saam my stap
Want van die plaas af tot by die see het ons met elke tree
Ons kaalvoetspore getrap

Jy aanvaar my net soos ek is
En jy hou my vas met die wete
Dat ek nie naby aan perfek is nie
Dit voel soos kaalvoetliefde

Trap in jou spore
Ek raak verlore
Verloor myself in jou kaalvoetliefde
Laat my nie wonder
Ek kan nie sonder
Voel soos myself met jou kaalvoetliefde

Jy vat my net soos ek staan voor jou
Sonder pretensie omvou in jou kaalvoetliefde
Ons skop ons tekkies uit wees onsself
Want jy’s my beste pel en dit is kaalvoetliefde

Daar’s baie perfekte mense daar buite
Maar niemand is meer perfek as jy nie
Want met jou foute en saam met myne
Kon ek nie vra om iets beter te kry nie
Dit voel soos kaalvoetliefde

Trap in jou spore
Ek raak verlore (Kaalvoetliefde)
Laat my nie wonder
Ek kan nie sonder
Voel soos myself met jou kaalvoetliefde

Jy vat my net soos ek staan voor jou
Sonder pretensie omvou in jou kaalvoetliefde
Ons skop ons tekkies uit wees onsself
Want jy’s my beste pel en dit is kaalvoetliefde

Trap in jou spore
Ek raak verlore (Kaalvoetliefde)
Trap in jou spore
Ek raak verlore
Voel soos myself met jou kaalvoetliefde
Trap in jou spore
Ek raak verlore
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select

Details:

Released in: 2022

Language: Afrikaans

Appearing on: Kaalvoetliefde (2022)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found