Nádine

Nádine - Nege lewens lyrics

Your rating:
Ek kook nie meer vir twee,
Die ander glas staan leeg,
Gehoor jy't aanbeweeg,
Dit maak my binne seer,
Die aande kouer nou,
Die kussing ruik na jou,
Gebreek wat ons gebou het.

Die laaste van my krag is weg,
Ek's moeg en seer na die geveg,
Wat jy gedoen het was nie reg.

My nege lewens het jy almal weggeneem,
Die seerste van hul almal was die laaste een,
Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen,
Ek gaan in vrede heen.

Oh, oh

Ek skeur die briewe op,
Probeer die trane stop,
Kry jou nie uit my kop,
Ek hou die deur nog dop.

Die laaste van my krag is weg,
Ek's moeg en seer na die geveg,
Wat jy gedoen het was nie reg.

My nege lewens het jy almal weggeneem,
Die seerste van hul almal was die laaste een,
Want ek het nie net tydelik my hart geleen,
Ek't hom gegee vir jou.

My nege lewens het jy almal weggeneem,
Onthou nog al die trane na die laaste een,
Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen,
Ek gaan in vrede heen.

Hmmm, hmmm

Die laaste van my krag is weg..
Ek's moeg en seer na die geveg..
Wat jy gedoen het was nie reg..

My nege lewens het jy almal weggeneem,
Die seerste van hul almal was die laaste een,
Want ek het nie net tydelik my hart geleen,
Ek't hom gegee vir jou.

My nege lewens het jy almal weggeneem,
Onthou nog al die trane na die laaste een,
Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen,
Ek gaan in vrede heen.

Hmmm, ek gaan in vrede heen.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: Skildery (2014)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found