Wynand Windpomp

Wynand Windpomp - Skipskop (Remix) lyrics

Your rating:
Pak op, pak op, sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg, ver van hier weg
Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor die blou berge oor

Overberg se mens is ek gebore
Op die plek Skipskop nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine, loop onse spore
Hier op die beach, hier langs die see is ek gedoop

Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders
En die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye

Die linkerhand oor die regterhand
Wat se kant lê die plek, wat is misverstand
Asseblief meneer, ag sê tog vir my weer
Is dit die pad wat ons moet môre vat?

'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar
Stukkies van my lewe, hulle lê so deurmekaar
Tel op, tel op, vir Shorty en vir Pop
Gaan haal vir Apie, en hou daai kindjie dop

Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai

Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
Sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye
Sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye
Sê maar so long, Skipskop, Skipskop sê goodbye
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: CDR Records

Details:

Released in: 2004

Language: Afrikaans

Cover from: Sonja Herholdt - Skipskop (1996)

Appearing on: Te Ladida (2004)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found