moniQue

Nicholis Louw & Elizma Theron & 4 Werke & Ray Dylan & moniQue - Kyk Diep In My Oë songtekst

Je score:
Wat voel dan beter as liefde
Daai gevoel wat jou laat aand wakker hou
Niks is tog meer as mooi woorde
Daai oomblikke wat ons vashou
Dis daai doellose aande
Die lag en stories en jou hand vashou
Daai stoute trek in jou oë
Daai spieëls waarvan ek so hou

Koor:
Kyk diep in my oë, kyk dwarsdeur my
Dis waar liefde in my bly
Wat jy sien is wat jy kry
Kyk in my oë en jy sal weet
Jy is als waarvan ek hou
En my hart behoort aan jou
En op wolk nommer 9 wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry

Oral om my sien ek jou
Ek maak my oë toe en ek weet jy's daar
My klere ruik sommer na jou
Die maan en die sterre spel jou naam
O jou lippe vertroos my
Jou glimlag steel die hart uit my
Dis in jou stem en jou woorde
Net die plek sal ek ook kry

Koor:
Kyk diep in my oë, kyk dwarsdeur my
Dis waar liefde in my bly
Wat jy sien is wat jy kry
Kyk in my oë en jy sal weet
Jy is als waarvan ek hou
En my hart behoort aan jou
En op wolk nommer 9 wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry

Verliefdheid kan jy nêrens koop nie
Niemand kan jou daarvan keer nie
Niks voel beter as daai simpelgeit
Daai gevoel kan jy nie kies nie
Tot jy dit voel sal jy nie weet nie
Dis waar alles tog begin

Koor:
Kyk diep in my oë, kyk dwarsdeur my
Dis waar liefde in my bly
Wat jy sien is wat jy kry
Kyk diep in my oë en jy sal weet
Jy is als waarvan ek hou
En my hart behoort aan jou
En op wolk nommer nege wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry
En op wolk nommer 9 wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Select Musiek, Sony Music

Details:

Uitgegeven in: 2012

Taal: Afrikaans

Komt voor op: 4 Werke

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden